ALBERTON – Aangesien my broer en ek ver woon, kon ons haar nie self op hierdie spesiale dag bederf nie.
Toe die kelnerin haar rekening bring vertel sy dat ‘n dame, wat ook in die restaurant sit, die rekening vereffen het. Met groot verbasing stap my ma na die dame en vra waarom sy dit gedoen het, want sy ken haar glad nie.
Haar antwoord was: “Ek het gesien tannie sit heeltemal alleen en eet en ek het gevoel ek wil graag vir tannie betaal.”
As die betrokke vrou dalk hierdie lees, wil ek haar bedank vir die pragtige en onbaatsugtige gebaar, iets wat mens nie aldag kry nie!
Dis so lekker om te weet dat daar nog mense is wat omgee en bereid is om ‘n goeie daad vir ander te doen!
Gia van der Plas



