Local sportSport

Albertonstoeiers oppad na meesters stoeikampioenskappe

Die kampioenskappe vind later vanjaar van 13 tot 18 Oktober plaas in Athene, Griekeland.

ALBERTON – Plaaslike stoeiers, Chris Sutton en Johan Lombard, is weer gekies om Suid Afrika te verteenwoordig tydens die eerskomende wêreld meesters stoeikampioenskappe. Die kampioenskappe vind later vanjaar van 13 tot 18 Oktober plaas in Athene, Griekeland.

Chris het tydens die 2010 kampioenskappe in Switserland ’n brons behaal, in Albanië met die 2011 kampioenskap goud, silwer by die 2012 kampioenskappe in Hongarye, weer goud by die 2013 kampioenskap in Sarajevo en verlede jaar het Chris silwer ontvang tydens die kampioenskap in Serbië.

Stoeiers moet hul eie onkostes na die wêreld kampioenskappe dek en dié Albertonse stoeiers samel nou fondse in om aan die meesters stoeikampioenskappe te kan gaan deelneem.

Die Suid Afrikaanse Stoei Federasie is geregistreer as ‘n “Public Benefit Organisation” en is geaffilieërd by SASCOC (The South African Sport Confederation and Olympic Committee). Vir enige verdere inligting of om bydraes te maak tot die meesterstoeiers se fondsinsameling, stuur ’n epos aan Shaun Bartlett by shaun@collivery.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button