LettersOpinion

Mees toegespreekte volk ter wêreld

Johann v d Merwe skryf:

MET die aankondiging en vertrek van die Springbok-span na die Rugby Wêreldbeker in Engeland is ons toegespreek – natuurlik met vergunning van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU).

Eers was dit Fikile Mbalula, Minister van Sport en Ontspanning, en toe by die vertrek weer dié Minister (eskuus ek het die agbare uitgelaat) daarna deur sy ‘agbare’ adjunk Gert Oosthuizen.

Deur dit alles maak dit ons die mees toegespreekste volk ter wêreld en ten spyte daarvan dat die meeste ondersteuners en die meeste Springbok-spelers Afrikaans-sprekend is, is daar nie ’n enkele woord in Afrikaans gebruik nie behalwe vir twee vloek woorde deur die Minister.

Die verskoning wat vir SuperRugby gebruik is, is dat dit oor die hele wêreld uitgesaai word en hulle verstaan nie Afrikaans nie. Nou wonder ek net, wat van ons kykers wat werklik belang stel?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button