Dit is waarom waterdruk in Alberton laag is
“Die tekort aan reën dra ook grotendeels daartoe by,” sê EMM-woordvoerder.
EKURHULENI Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) het bevestig dat areas in Alberton, insluitend Brackendowns, wel lae waterdruk ondervind.
Verskeie inwoners het die RECORD gekontak om oor die waterdruk te kla.
Themba Gadebe, die munisipale woordvoerder, het gesê die probleem word toegeskryf aan die stygende watergebruik wat vererger word as gevolg van die stygende temperature wat tans regoor die provinsie gevoel word en dat die tekort aan reën ook grotendeels daartoe bydra.
Lees ook: Waar is die waterdruk?
“Verbruikers in hoogliggende areas mag ook begin agterkom het dat die waterdruk afneem, veral tydens spitstye wanneer meer water gebruik word. Ons raai verbruikers dus aan om water spaarsamig te gebruik,” verduidelik Gadebe.
Verskeie inwoners het ook op 4 November gekla dat daar ’n watertekort in New Redruth was.
Gadebe het gesê dat dit die gevolg was van ’n waterpyp wat gebars het. “Watertoevoer is daardie aand herstel nadat herstelwerk aan ’n oorhoofse waterpyp afgehandel is.”
Verwante artikels:
• High water demand troublesome
• Water pressure problems in Meyersdal
• Ekurhuleni water supply currently under preassure
• Ekurhuleni invests R500 000 for a water tower



