LettersOpinion

Irene groet die CMR

Irene groet Alberton en die CMR.

EK het reeds aan die einde van Januarie uit diens getree by die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) en om totsiens te sê, is nooit maklik nie.

Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om u elkeen te bedank vir u vriendelikheid, samewerking, hulp, geduld en liefde gedurende die afgelope 29 jaar, nie net teenoor myself nie, maar ook veral teenoor die CMR.

Ek het ’n geseënde tyd by die CMR beleef en het nie net geestelik gegroei nie, maar ook in myself. My lewe sou soveel armer gewees het as ek nie deel was van die CMR vir amper die helfte van my leeftyd nie. Ek het kliënte met hulle kinders gesien by die kantoor en sommige kinders het intussen gegroei en is nou ook met hulle families, weer kliënte by ons. Die kliënte raak later soos jou familie en mens het later ’n baie hegte band. Een van ons kliënte se kinders het selfs aansoek gedoen vir my pos.

Dit is wonderlik om te sien hoe sommige kinders absoluut uitstyg bo hulle omstandighede. Ons het nie ’n baie groot verwisseling van personeel gehad nie, en is ons soos ’n groot familie. Dit voel vir my of ek die helfte van myself agtergelaat het en ek sukkel om myself los te maak van die kantoor en my vriende en familie.

Ons het intussen verhuis na Heidelberg en woon daar saam met ons jongste dogter en haar man op ’n kleinhoewe net buite die dorp. Ons het ’n heerlike groot huis en elkeen het hul eie vleuel.

Elke dag voel soos vakansie en ek kan nou baie tyd, aandag en liefde aan my man, Johan, gee.

Ek bid u elkeen die Here se seën toe op die pad vorentoe.

Irene du Toit, Heidelberg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button