
DIE brief getiteld ‘Still no reply from Post Office’ (3 Februarie) wek die indruk dat daar oneerlike mense in die sorteerafdeling van die hoof poskantoor werk, met die gevolglike strekking dat toesighouers onbekwaam is.
Ek hoop egter dat dit nie die bedoeling van die briefskrywer was nie. Ten spyte van die skrapse inligting verskaf, byvoorbeeld geen dorp of stad van die afsenders en geadresseerdes nie blyk dit nogtans dat die twee voorvalle net sowel in Engeland of Zimbabwe kon gebeur het.
Meneer, ek stel voor dat jy van die geregistreerde pos vir klein pakkies gebruik maak.
Regverdige leser, Alberton



