Local sportSport

Alberton Boksklub wys staal

Twee van die Alberton Boksklub se boksers het hul staal getoon toe hulle tydens die Sedibeng toernooi hul gevegte gewen het.

TWEE van Alberton Boksklub se boksers het hul staal getoon toe hulle tydens die Sedibeng toernooi hul gevegte gewen het.

Martin van Wyk en Divan Wilken het op Saterdag, 13 Februarie, hul teenstanders in die kryt uitoorlê en as wenners in hul onderskeie gewigsgroepe uitgetree. Die toernooi het in Sedibeng plaasgevind en talle boksklubs het deelgeneem.

Van Wyk het met ’n uitklophou in die eerste rondte sy teenstanders oorrompel en Wilken het met punte gewen.

Van Wyk en Jonathan Sam gaan op 11 en 12 Maart aan die Ekurhuleni Kampioenskappe, wat by Transnet Engineering in Pretoria gehou word, deelneem.

Die klub wens dié twee boksers net die beste toe en hoop dat hulle die Suid-Afrikaanse span sal haal.

Related Articles:

Alberton Boksklub skop die jaar af

Alberton amateur boxers honoured

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button