Inwoners geniet Hardus se optrede

Alberton Aftree-Oord het hulself weer oortref tydens hulle maandeliks Harmonie-Tee.

HARDUS Hartzenberg die talentvolle boerseun en sanger van Nelspruit het Vrydag, 26 Februarie, die inwoners van die Alberton Aftree-Oord met sy hoendervleis-musiek tydens die maandelikse Harmonie-Tee, vermaak.

Die hoofdoel van die funksie is om nuwe inwoners te verwelkom en gesellig saam te kuier. Hardus het iets van alles gesing en vir baie het ou herinneringe opgekom. Die emosies was duidelik sigbaar tydens sy optrede.

Hy het tussen sy sang sy lewensverhaal ook met die gehoor gedeel. “As ons in ons familie wou kommunikeer met mekaar, het ons gesing.” Hy het al saam vele bekende kunstenaars gesing insluitend Steve Hofmeyr en Corlia Botha.

Hardus het ook oor sy moeilike omstandighede gepraat en gesê dat geloof hom deurgetrek het. “Ek het geleer om opgewonde te wees wanneer ek val.” Ds Willie Badenhorst het die verwelkominge gedoen en so nou-en-dan ’n grappie ingewerk vir ’n bietjie lag.

Anna le Roux is bedank vir haar instaan as pianis. Verder was die Lotto-nommers van die maand ook bekend gemaak. Chris Swanepoel van die DA het ook tydens sy spreukbeurt inwoners aangemoedig om vanaf 5 tot 6 Maart te registeer sodat hulle kan stem.

Johnny’s Catering het gesorg vir kos vanuit die boonste rakke. Inwoners het na afloop van Hardus se vertoning saam geëet en gekuier.

Luister na Hardus se musiek by

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button