Local newsNews

Mannekoor beplan groot fees

Kore sal later vanjaar bekendgemaak word.

MAAK seker jy mis nie hierdie feestelikheid met die stemme van die Alberton Mannekoor nie.

Die koor bied ’n Mannekoorfees op Sondag 21 Augustus om 15:00 by die NG Brackenhurst gemeente aan. Kaartjies kos R100 per persoon en beloop slegs R60 vir kinders.

Dagboek nou al hierdie datum en nooi jou vriende en familie saam want dié beloof om ’n groot geleentheid te wees. Bekende kore wat hierby gaan baat sal later bekendgemaak word.

Indien daar skole, kerke of ander instansies is wat van die geleentheid ’n fondsinsameling wil maak, kontak Rienie Venter by 083 232 0359. “Ons het spesiale pakkette wat ons vir jul kan aanbied,” het Rienie bygevoeg.

Lees ook dié:

*albertonrecord.co.za/62631/dameskoor-reik-uit/;

*albertonrecord.co.za/22621/mannekoor-weer-aan-die-gang/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button