Local newsNews

Fielies is twee dekades oud

Fielies het net vier tande oor.

FIELIES, ’n Yorki terriër gekruis met ’n poedel, is ’n volle 20 mense-jare oud wat die meneer in honde-jare 140 jaar oud maak.

Volgens sy eienaar Jeanine Botha (79) van Alberante, het sy hom by haar oorlede skoonseun gekry nadat sy deur ’n baie moeilike tyd in haar lewe, net nadat haar poedel dood is, gegaan het.

“Ek onthou ons het by die plaas aangekom en daar was vier klein hondjies. Ek wou ’n tefie gehad het, maar moes op die ou einde ’n reun vat,” het sy gesê.

Fielies spog met ’n goeie gesondheid en Jeanine het gesê dat sy kat-vriende hom baie besig hou. Hy sit nie vir een oomblik stil nie en het nog baie energie. En wanneer dit kom by die foto’s was Fielies al te gewillig om sy ‘pose’ te gooi – in ruil vir ’n bietjie troetel natuurlik.

Op sy ouderdom het die kalant natuurlik ’n spesiale dieet. Jeanine vertel dat hy net ontbeende hoender eet en hy het net vier tande oor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button