NG kerk in Alberton vier 100 jaar
Dit is ‘n groot ontdekkingsreis opsoek na die wil van God en die verantwoordelikheid wat ons het teenoor die gemeenskap.
Die Kerk het van vroeg af alreeds ‘n verantwoordelikheid teenoor die wêreld.
Dit is immers wie die Kerk is. Die geroepenis van God. Die Kerk is God se mense, nie van die wêreld nie, maar in die wêreld. Dit bring die Kerk dan ook tot aangesig met haar verantwoordelikheid teenoor Alberton.
Hierdie is ‘n baie meer ingewikkelde situasie as wat dit op die oogaf lyk. Hoe sal die Kerk die uitdagings – geestelik en maatskaplik- van Alberton hanteer? Of hoe hanteer die Kerk die uitdagings?
Dit is ‘n groot ontdekkingsreis opsoek na die wil van God en die verantwoordelikheid wat ons het teenoor die gemeenskap. God is nie net die laaste 100 jaar al besig met mense nie. God se storie saam met mense is al van die begin af daar. Die Bybel getuig ook van verhale waar God betrokke is by mense.
God is die skrywer van hierdie verhaal waar toe Hy ons uitnooi om deel te raak. In die jaar van 2016 het ons, as die NG Kerk in Alberton, die voorreg om te getuig van ‘n genade-hoofstuk in hierdie verhaal, van God met mense.
Mag dit so wees dat ons God se uitnodiging aanvaar om saam te mag skryf aan die volgende genade hoofstuk van God se verhaal met God se mense in Alberton en, meer spesifiek, in die NG Kerk die evangelie van Jesus Christus vir Alberton te bring om die gemeenskap gemotiveerd te hou in hulle omstandighede.
Daarmee saam moet daar drie pilare wees wat gebruik kan word om mekaar by te staan, naamlik: koinonia, agape en diakonia.
Daar moet duidelik gemaak word onder ons, die Kerk se lidmate, dat ons koinonia is. As gemeenskap het ons een doel waarop ons moet fokus – laat Sy koninkryk kom.
Tweedens moet ons dit duidelik maak dat agape ons as gemeenskap iets leer van lojaliteit en om mekaar lief te hê soos God ons liefhet. Hiermee saam die bedoeling dat ons in diakonia moet uitleef. Tot die diens van ander.
Daarom is dit die Kerk se plig om die voorbeeld te wees en self die drie bogenoemde waardes uit te leef. Leef in die gemeenskap saam met die gemeenskap, dienend.
Seënwense vir die volgende genade-hoofstuk
Groete in Christus
Ds Deon Louw, NG Kerk Alberton-Wes
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



