Local newsNews

Die krag van gebed

Dokters het die ouers meegedeel dat daar medies gesproke, niks verder is wat gedoen kon word nie.

SOWAT ses weke gelede het ’n ouerpaar van Alberton-Noord die nuus gehoor wat geen ouer wil hoor nie, dat die dokters werklik niks meer vir hul kind kon doen nie.

Vandag, na byna twee maande in die intensiewesorgeenheid in die Waterfall Netcare Hospitaal, is hulle nege-jarige dogtertjie by die huis en byna weer terug na haar ou self.

Dit, sê Katjie en Kobus Brits, is sonder enige twyfel toe te skryf aan gebede, hulle eie en dié van vriende, familie en selfs mense wat hulle nie eens ken nie, en hulle onwrikbare geloof in God se wye genade.

Rilandi is op nege maande met infantiele spasmas en Lissencephaly (minder kurwes op die brein) wat tot serebrale gestremdheid lei, gediagnoseer. “Vir baie mense sou dit na ’n doodsvonnis klink, vir my was sy net die pragtigste rooikop-engeltjie wie die Here in ons lewens geplaas het vir ’n doel,” het Katjie gesê. Deur die jare het die gesin geleer om aan te pas by Rilandi se kondisie en haar ouer sussie, Klarien, sou haar vir geen ander sus verruil nie.

“Ons was gewoond aan haar epileptiese aanvalle en het met die hulp van dokters geleer om dit hanteer.” Maar op 1 Junie vanjaar het Rilandi so ’n erge aanval gekry dat daar met haar per ambulans gejaag is na die Waterfall Hospitaal in Midrand waar sy onmiddellik in die pediatriese intensiewesorgeenheid opgeneem is. Die mediese span wat neuroloë en pulmonoloë ingesluit het, het sonder ophou geveg vir haar lewe.

“Ons engel kind is met status epilepsie gediagnoseer, sy het in ’n stadium ophou asemhaal en by die dag agteruitgegaan. Daar was in ’n stadium vyf neuroloë betrokke, sy is twee keer in ’n “cooling suit” gesit om haar liggaamstemperatuur af te bring en sodoende die breinswelling te verminder,” het sy gesê.

Op ’n dag is Kobus en Katjie ingeroep en die dokters het aan hulle die nuus meegedeel dat daar medies gesproke, niks verder is wat gedoen kon word nie. Rilandi was in “super-refractory status epilepticus”, die ergste vorm van epilepsie, wat beteken dat so ’n pasiënt nie eers op narkotiese sedasie reageer nie.

“Maar ons geloof in die Here het net nooit gefaal nie,” het die egpaar vertel. Deur middel van WhatsApp boodskappe is gebedsgroepe vir Rilandi se herstel gestig en stadig maar seker het Rilandi begin terugveg, tot so ’n mate dat sy uiteindelik op Donderdag 14 Julie ontslaan is. “Die donkerste tyd in ons lewens het danksy die Here se genade ons vreugdevolste oomblikke geword.”

Die klein rooikoppie is nou op ’n ketogeniese (hoë-proteïn) dieet wat geen suiker of stysel bevat nie en ontvang tans neuro-fisio en hidroterapie om haar spiertonus te verbeter.

Kobus en Katjie se raad aan ouers in dieselfde omstandighede is om vas te hou aan gebed en God te vertrou. Hulle wil ook almal bedank vir die ongelooflike ondersteuning en al die gebede.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button