Dit is weer kermistyd
Kom geniet 'n prettige gesinsdag saam met die NG Kerk Brackenhurst.

’N DAG propvol pret en plesier wag vir jou en jou gesin hierdie naweek.
Die NG Kerk Brackenhurst, geleë op die hoek van Hennie Alberts- en Leverstraat, hou hul jaarlikse kermis op Saterdag 27 Augustus om 09:00.
Dit gaan ’n dag vol prettige dinge wees om te doen. Daar is heerlike kerrie-en-rys, boerewors rolle, pannekoek en ander kosse om te koop en interessante stalletjies om deur te stap.
Vir die kinders gaan daar hope speletjies en pret wees om hulle dag mee op te helder. Bring die hele familie, geniet ’n heerlike ontbyt en kom kuier die dag saam met die kerk.
Vir meer inligting kontak Annemarie by 011 867 3623.
Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.



