Local newsNews

Gesoute akteur maak ’n draai by damesklub

Kyk wie het in Alberton gekuier.

VROUE was tydens die Alberton Damesklub se maandelikse vergadering op Donderdag, 11 Augustus, deur die akteur, Louis van Niekerk, vermaak. Hy is nie net ’n gesoute akteur nie, en word ook beskou as die minister van versorging vir die kunstenaarsbedryf. Hy dryf die organisering en voorsiening van finansiële hulp aan akteurs wat nie meer in staat is om vir hulself te sorg nie. Sommige van hulle leef in haglike omstandighede ver benede die broodlyn terwyl hulle hulle lewe lank die Afrikaanse kultuur laat blom het.

Weens ’n kunstenaar se ongereelde inkomste kan hulle geen lewensversekering, mediese fonds of enige bystandsfonds bekostig nie. Louis het dit sy taak gemaak om te sorg dat daar finansiële hulp beskikbaar is en die hulp word aangebied sonder aansien van ras, kleur of geloof. Dis egter nie maklik om elke maand R50 000 bymekaar te kry nie en dis maar ’n druppel in die emmer. Die klub het spontaan ’n sagte kollekte gehou terwyl hulle hulle verluister het aan die warm klankryke stem van Louis.

Om die vroue ’n ekstra stukkie te bederf, het hy die gedig ‘My nooi is in ’n nartjie’ voorgedra en daarvoor het hy ’n staande toejuiging verdien. Louis is ook te sien in ‘Getroud met Rugby’ en die klub is die filmmakers baie dank verskuldig dat hulle toegelaat het dat hulle Louis vir een oggend kon annekseer.

Die volgende vergadering vind plaas op 8 September soos gewoonlik by die Alberton Aftree-Oord. Belangstellende vroue kan vir Dini skakel by 082 552 4683.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button