Huweliksvoorbereiding en egpaarverryking seminaar
Bespreek deur een van die volgende te bel Armand by 083 576 7111, Clasna by 079 568 6644 of Qaunette by 084 744 5289.

TROUPLANNE? En jy wonder wat dit alles behels? Reeds getroud? En jy wens jy kan beter doen?
Dan is die huweliksvoorbereiding en egpaarverryking seminaar wat binnekort by Vyfdelaan 55, Alberton-Noord aangebied word, net wat jy graag wil bywoon.
Hierdie seminaar kan jou help om effektief te kommunikeer, misverstande raak te sien, te voorkom en te hanteer. Dit gee gereedskap om gelukkige huwelike gelukkiger te maak.
“Pare wat wou skei wat bygewoon het, is weer versoen. Die seminaar kan, in kort, alle verhoudings help groei,” het die aanbieder, Kobus Beukes, gesê. Hy beskik oor ’n BTech-graad en het nagraadse opleiding gedoen in sielkunde, egpaarverryking, huweliksvoorbereiding, ekometriese assesering, en is ’n geregistreerde fasiliteerder vir die Prepare Enrich asseseringsprogram.
Die program begin Dinsdagaand, 13 September, om 18:30 met registrasie en 19:00 met die eerste aanbieding. Daarna elke Vrydagaand en Dinsdagaand om 19:00 tot 30 September.
Daar is ook ’n program vir kinders gereed. Bespreek by een van die volgende persone: Armand by 083 576 7111, Clasna by 079 568 6644 of Qaunette by 084 744 5289.



