NEE kyk, wanneer ’n organisasie nader aan hul 80ste bestaansjaar staan as aan die 70ste dan moet daar mos darem behoorlik fees gevier word.
Die VLU se Sonskyn-tak het op Maandag, 5 September, hul 79ste verjaarsdag gevier. VLU-lede van Brackenhurst, Visarend, Wildekastaiings en Heidelberg het hierdie geleentheid saam met hulle gevier.
Voorsitter Dini Jansen het almal verwelkom asook vir die streeksvoorsitter, René Bredenkamp. Tydens hierdie 79ste vergadering was ds Willie Badenhorst (emeritus) die gasspreker en hy het oor die samewerking vir ’n beter toekoms gepraat. Sy toespraak was kort en kragtig en daar was so nou en dan ’n grappie tussenin, maar dit is mos hoe Albertonners hom ken. Hy het drie punte uitgewys wat belangrik is naamlik, verhoudings, balans en volwassenheid. Hy het elkeen apart bespreek en ’n paar verse vanuit die Bybel aangehaal. “Probleme vat al jou energie, maar uitdagings skep nuwe energie. Wees beskeie, vriendelik en geduldig met mekaar,” het Willie gesê.
Anna le Roux het ook lede vermaak met pragtige klavierspel.
Na afloop van die vergadering het almal gesellig saam gekuier en verversings geniet.
Die volgende vergadering is op 3 Oktober by die NG Kerk in Verwoerdpark. Belangstellendes kan Dini by 082 552 4683 kontak.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.



