Ligstad hou ‘n musiekfees
LIGSTAD hou 'n lente orrel uitvoering met wêreldberoemde kunstenaars.
LIGSTAD hou ‘n lente orreluitvoering, gepaard met sang en trompetspel, met wêreldberoemde kunstenaars.
Kom kuier gerus hierdie Sondag, 11 September, om 16:00, wanneer drie sterre, naamlik Jevon O’ Donovan (trompet), Coert Grobelaar (tenoor) en Marnus Greyling (orrelis) by Ligstad (die ou Eeufeeskerk), op die hoek van Gerrit Maritzstraat en Van Riebeecklaan, optree.
Vir kaartjies, of vir meer inligting, skakel vir Alida/Daniel by 011 907 0517 of 079 693 3666.



