Local newsNews

Bome ‘n simbool van groei

Voortrekkers van Suiderligkommando besoek Laerskool Orion.

MET die aanbreek van lente, het die Voortrekkers van Suiderligkommando twee bome op Lentedag by Laerskool Orion geplant.

Die Leeuspan (graad een en twee) het ’n nyalaboom geplant terwyl die Luiperdspan (graad sewe) ’n wilde Olyfboom geplant het.

Die idee het vanaf die Luiperdspan gekom wat graag iets aan die skool wou teruggee – iets wat blywend is en iets wat groei. Die gevoel was dat die skool die plek is waar hulle ontwikkeling vastrapplek gekry het. Dus wat beter as om ’n boom te plant?

Tydens die seremonie het die kommandoleier, Gerhard Gericke, aan die kinders die ooreenkoms tussen hulle ontwikkeling en ’n boom geillustreer. Die graad nulle is met ’n saadjie vergelyk wat tot ’n saailing ontwikkel (die graad eens en die klein nyalaboom) en wat verder tot ’n jong boom ontwikkel (die graad sewes en die wilde Olyfboom).

Hy het daarop gewys dat enige kind die potensiaal het om tot ’n groot en sterk boom te ontwikkel. Die seremonie is bygewoon deur lede van die Voortrekkers, graad nulle van Orionland en die graad sewe leerders en personeel van Laerskool Orion.

Die bome is goedgunstelik deur Instant Trees in Rondebult geskenk.

Suiderlig Kommando vergader elke Maandag vanaf 17:00 tot 18:00 by Laerskool Orion.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button