EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Agape Fees

Kom geniet 'n heerlike gesinsdag saam met die NG kerk Verwoerdpark.

VERWOERDPARK: Die NG kerk Verwoerdpark nooi een en almal na die gemeente se Agape Fees op 9 en 10 November.

Kom kuier saam en besoek die kosstalletjies, koop ‘n geskenk by die Kersmark, geniet die dag saam met jou familie en laat die jongklomp baljaar tussen die speletjies en springkastele.

Daar is ook ‘n skoonheids- en babafotokompetisie.

Sondag beloof nog ‘n gesinsdag te wees met ‘n optrede deur Joe Niemand en heerlike kerrie-en-rys wat te koop is so vir die gesellige saam kuier.

Vir meer inligting kontak Teresa Booyens 071 608 0717.

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button