Eerste uitvoering van Ligstad Kuns Akademie ‘n groot sukses
Vers en klanke betower mense.
LIEFHEBBERS van klassieke musiek is Sondag, 11 September, vermaak met musiek uit die boonste rakke.
Die nuutgestigte Ligstad Kuns Akademie, ‘n afdeling van Ligstad, met Coert Grobbelaar aan die stuur, het hul eertste uitvoering aangebied, in die Eeufeeskerkgebou in Alberton-Noord, deesdae die tuiste van Ligstad.
Nie alleen het die gaste deel geword van Ligstad se geskiedenis, as eerste gehoor van ‘n uitvoering nie, maar hulle is getrakteer deur die pragtige orrelspel van Marnus Greyling, die betowerende trompetklanke van Jevon O’Donovan en die mooi tenoorstem van Coert Grobbelaar, wat bekende werke uitgevoer het.
Die droom is om die pragtige gebou ‘n voorkeurbestemming te maak vir die land se beste kunstenaars, en so by te dra tot die opbou van die mooi dorp, Alberton, en die kultuur in die gemeenskap.
Ligstad is besig om hul databasis op te bou om sodoende inligting van toekomstige uitvoerings aan die gemeenskap te stuur.
Vir meer inligting, of om jou naam op die databasis te kry, skakel vir Alida Jooste by 079 693 3666, of stuur ’n epos na alida.jooste@ligstad.co.za om sodoende inligting per SMS te ontvang. Sodoende is jy verseker dat jy nie toekomstige uitvoerings sal misloop nie.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



