Blommeklub se bobaas rangskikkings betower kenner
Pierre Jacobs het gekuier by Bracken Blommeklub.
WANNEER dit by blomme kom staan hierdie man se vingers vir niks verkeerd nie en hy tower die een rangskikking na die ander op.
Pierre Jacobs (53) van die Gauteng Flora-Unie was die spesiale gas by die Bracken Blommeklub se maandelikse vergadering by die NG Kerk in Brackenhurst op Woensdag, 21 September.
Met die tema van die dag ‘Inspired by Cages’ het Pierre vele rangskikkings gemaak en vertel dat hierdie stokperdjie van hom vet pret is. Hy is al vir 30 jaar by die unie betrokke en is tans die vise-president van dié unie. “Elke mens behoort ’n ander belangstelling bo en behalwe jou daaglikse werk te hê. Elkeen het sy eie manier van dinge doen en sy eie kreatiwiteit, en mens moet dit uitleef,” het hy gesê.
Sy liefde vir blommerangskikking het gou die vroue aangesteek en tak-lede het omtrent hul beste voetjies voorgesit met van hul eie rangskikkings. Van blomme in ’n fiets tot blomme om ’n boom se stam toegemaak in draad.
Verder het vroue oor die oggendtee wat op 29 Oktober gaan plaasvind gepraat. Meer inligting sal volg oor die oggendtee so hou gerus die RECORD dop.
Die voorsitter, Sandra Labuschagne, het Hanna Grobler en Corrie Raubenheimer vir hul hulp met die verversings vir die vergadering, bedank.
Vir meer inligting oor dié klub of om ’n lid te word, skakel Corrie by 011 869 2206.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.






