Brackenhurst VLU ryg pryse by kongres behoorlik in
Brackenhurst VLU-tak het 998 punte behaal.
BRACKENHURST VLU het tydens die 2016 Kongres, wat vanaf 6 tot 7 September by Meulstroom Lodge in Bronkhorstspruit plaasgevind het, omtrent uitgeblink.
Anna-Marie du Plooy, Barbara Steenkamp, Ina Botha, Marline van der Walt en Susie du Plooy (voorsitter) het elke oomblik terdeë geniet en stem saam dat daar baie pitkos, maar ook pret en plesier was oor die twee dae.
Dertien items vanuit die Brackenhurst-tak het vir die Kongreskompetisies gekwalifiseer en al die artikels het uitstekende punte behaal. Brackenhurst deel dan ook die eerste plek met die Wapadrant-tak van Pretoria as die tak met die meeste inskrywings.
Daar is vyf streke in die Overvaal Provinsie en in die Goue Suide Streek, waarvan Brackenhurst-tak deel is, het hulle die hoogste aantal punte van al 11 die takke in die streek behaal, naamlik 998 punte teenoor die tak met tweede meeste in die streek se 533. “Ons is baie trots op al ons lede se harde werk,” het Susie gesê.
Twee besondere sprekers het die kongres met hul teenwoordigheid vereer, naamlik Dawie Roodt, die bekende ekonoom wat almal se aandag gevange gehou het met sy uitstekende aanbieding. Die vroue was veral beïndruk met die feit dat hy die opvoeding en blootstelling aan hoër onderwys vir meisies beklemtoon het. Hy het beklemtoon dat die ontwikkeling van vaardighede van ons kinders, veral dogters, baie belangrik is vir ons toekoms as ’n suksesvolle gemeenskap in Suid-Afrika.
Op 7 September het die VLU Overvaal se Engelse skrywer van die jaar, Gareth Crocker, die vroue absoluut bekoor en laat skater met sy humoristiese vertelling van homself en hoe dit gekom het dat hy, wat kleintyd deur ’n onderwyser as ’n kind met spesiale behoeftes beskryf is, ’n skrywer geword het wat ’n half dosyn boeke wêreldwyd suksesvol gepubliseer het.
Lede het tougestaan om sy nuutste publikasie ‘Ka-boom’ met sy handtekening in te koop. Anna-Marie se 40-jaar diensknopie is ook weer tydens die kongres aan haar oorhandig.
Indien jy belangstel om die tak te besoek, skakel gerus vir Anita Liesching by 083 457 6332.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.




