Kom geniet ‘n kermis en gesinsdag
Om 12:00 sal daar 'n liefdadigheids gebeurtenis wees waar voedsel pakkies verpak sal word vir die "Stop hunger now" veldtog wat voeding-ryke kos vir minder bevoorregte mense gegee word.
Die Herlewingslig Sentrum hou een van die dae ‘n ope gesinsdag en kermis vir die hele familie om te geniet.
Die pret neem plaas op Saterdag, 26 November, en daar sal ‘n verskeidenheid van smaaklike eetgoed en allerlei produkte en ietsie mooi te koop wees, sowel as sanger Johan Vercuiel (Mooi soos Blomme) wat sal optree.
Om 12:00 sal daar ‘n liefdadigheidsgebeurtenis wees, waar voedselpakkies verpak sal word vir die “Stop hunger now” veldtog, wat voeding-ryke kos vir minder bevoorregte mense versprei.
Die geleentheid vind plaas by die Nuwe Afrikaanse Pinkster Gemeente, in die Voortrekkersaal, Newquay Straat, Alberton (reg agter Engen, Chicken Licken en Romans Pizza).
Vir meer inligting, of om ‘n tafel te bespreek, kontak vir Charles en Zinnia Lee by 081 881 0195, of vir pastoor George Kieser by 082 418 3410.



