Editor's choiceLifestyleLocal newsNews

Werksklas by VLU

VLU hou hul maandelikse vergaderings met interesante klasse.

ALBERTON – Vroue Landbou Unie Dinwiddie het Donderdag September 19 ‘n heerlike vergadering gehad waar Hantie Dreyer ‘n werksklas gegee het om die dames te leer hoe om quilling te doen.

Dir dames het elkeen ‘n mini kaartjie gemaak om die verskillende metodes te leer. Hulle het ook meer geleer oor Spanje in hul internasionale afdeling en Rina Mowbray het meer vertel oor die bome van die jaar.

Na afloop van die vergadering het die dames, saam ‘n boom geplant om lente te vier.

Hulle vergader elke derde Donderdag oggend van die maand en enige dame wat belang stel om te kom kyk wat hulle doen kan gerus skakel op 082 376 1900. Almal leer so baie van mekaar en maak lekker nuwe vriendinne.

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button