Local newsNews

Weerlig slaan ‘n tweede keer vir Alberton seun

Huidiglik kry Arno sover R500 000 en hy sê hy is bly dat dit dié keer tel.

’N ALBERTON seun het onlangs vir ‘n tweede keer die krieketbal met een hand gevang by ’n T20 krieketwedstryd, en die keer staan hy ten minste in die ry vir die prysgeld.

Prysgeld beloop R1 miljoen wat tussen al die toeskouers wat ’n raakskoot vang tydens die T20-toernooi gedeel word. Slegs vange geneem van balle wat vir ses lopies geslaan word, is geldig.

Arno Kotze (17), ’n leerder aan Hoërskool Marais Viljoen en Alberton boorling, het twee jaar gelede ’n vangskoot gevat, maar kon nie die prysgeld kry nie omdat hy minderjarig was. Gelukkig vir Arno het die reëls intussen verander en op Saterdag, 12 November, was Arno se vangarm weer boboaas en nou word die prysgeld in ’n trust gesit totdat hy 18 word.

Die krieketwedstryd tussen die Highveld Lions en die Titans het ook ’n wenner opgelewer en sover kry Arno R500 000 en hy sê hy is bly dat dit hierdie keer tel. “Ek beplan om myself so bietjie te bederf en ’n motor te koop wanneer die geld uitbetaal,” het Arno gesê, en voeg laggend by dat hy nog sal sien oor die prysgeld deel met sy broers en suster.

“Ek het daai dag nog gesê ek beplan om daai bal weer te vang,” het hy vertel. “Ek het bietjie begin stres toe niks gebeur tydens die eerste wedstryd nie, maar gelukkig was dit ‘n “double-header” (twee wedstryde op een dag), en toe gebeur dit weer, ek was so bly, jy kan nie glo nie. Daar was ’n speler wat gespring het vir die bal, maar hy was nie betyds nie en my vriend het uit die pad uit beweeg vir my om die bal te vang.”

Arno speel ook krieket vir die skool en is selfs die spankaptein. “Ek is mal oor krieket en speel ook graag rugby, ons is maar ’n sportiewe gesin,” het hy gesê.

“Sover ek weet is ek die enigste persoon wat al twee keer die bal kon gevang het.”

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button