Local newsNewsSchools

Revue 2016 – Marais Viljoen is semi-finaliste

Moet dit nie misloop nie.

Revue 2016 is ’n opwindende revuekompetisie vir laer- en hoërskole wat reeds vanaf 2 Oktober op kykNET NOU! (Kanaal 146) om 17:00 uitgesaai word.

Daar word ook ’n agter-die-skerms revue-program uitgesaai en dié program, Revue Ekstra, kom Maandae om 19:30 op kykNET NOU! aan die beurt. Hoërskool Marais Viljoen is een van die semi-finaliste met hulle suksesvolle revue, Bla bla cha cha cha.

Die aanbieders van Revue 2016 en Revue Ekstra is Sue Pyler, Hendri Myburgh, Mandi Baard en Danie Putter. Die beoordelaars is aktrise, regisseur en skrywer, Lizz Meiring, sanger en liedjieskrywer, Pieter Smith en bekroonde internasionale mimiekmeester, John Jacobs. Die regisseur van die program is Frans Swart van Lefra Kommunikasie en Bemarking. Revue 2016 en Revue Ekstra is by Carnival City se Big Top Arena voor ’n gehoor opgeneem.

Die agt semi-finaliste in die laerskole en die ses semi-finaliste in die hoërskole afdelings is onlangs aangewys en is tans besig om sake uit te spook op kykNET NOU! Vanuit die agt semi-finaliste word daar vier finaliste in albei afdelings aangewys wat dan op ’n finale aand sal meeding om die wentitel.

Revue 2016 word aangebied met die vriendelike samewerking van Meat World wat as hoofborg optree. Angelino Perreira, besturende direkteur van Meat World, het gesê dat dit ’n baie goeie projek is om by betrokke te wees. “Dit is vir ons lekker om by jeugprojekte soos Revue 2016 betrokke te wees, want ons jeug is ons toekoms en dis vir ons hier by Meat World belangrik om in die jeug te belê. Ons gaan ook vir die wen-laerskool en wen-hoërskool elkeen R25 000 se vleis skenk om te gebruik vir hulle skool se voedingskemas,” het Perreira gesê.

Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Kommunikasie en Bemarking, en by wie die idee van ’n nasionale revuekompetisie ontstaan het, het gesê dat hy baie opgewonde is oor die projek. “Laerskole en hoërskole spandeer soveel tyd, geld en energie aan hulle jaarlikse revue. Ek het al baie van hierdie revues gesien wat baie na aan professionele produksies se standaard is. Dit was dan altyd vir my hartseer dat daar nie ’n verdere lewe vir hierdie wonderlike revues is nie. Juis daarom het ons by Lefra besluit dit sal uitstekend wees om hierdie revues nog ’n slag te kan opvoer,” het Swart gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button