Local newsNews

Inwoner ongelukkig oor spoedwal

"Ek het huidiglik verskeie projekte waarmee ek besig is en ek is altyd op my selfoon beskikbaar, indien dit 'n redelike tyd is."

Daar is onlangs ’n spoedwal aangebring in Newquay Straat en die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit wil vir my kom sê dis weens ondergrondse werk daar.

Dan sou die hobbel tot teen die sypaadjies gewees het.

Baie mense het hul karre se buffers afgeruk en ander skade aan karre is aangerig weens daai ding, want niks is gesê daaroor of selfs geverf tot ek begin kla het nie. Nou is die bordjies wat wys daar is ’n spoedwal ook sommer weggevat.

Die hobbel daar is onwettig volgens die dorpsregulasies van Alberton, want anders kan hulle nou gerus in Braunstraat ook een aanbring.

Dit gaan iemand hul lewe kos. Mense wat weet hy is daar vergeet nogsteeds aangesien daar geen borde is nie.

Die plek val uitmekaar. Daar is ’n groot waterlek al vir hoeveel weke en niks word gedoen daaromtrent nie. Gate in paaie wat skade veroorsaak word niks aan gedoen nie, daar word onwettige vergaderings gehou en niks word daaraan gedoen nie, daar word selfs niks aan die selfoonmaste wat onwettig opgerig is, gedoen nie.

Raadslid Tiaan Kotze weet al vir baie lank hiervan, maar hy doen niks nie.

Die mense is hoogs ontstel omdat hulle hom ingestem het en hy doen niks nie – dit stel mense teleur.

Tiaan gee net nie om nie. Inwoners wil al ’n by-election roep om hom te vervang. Alberton het vieslik vuil geword en dit word nie aangespreek nie.

Anoniem

Die RECORD het vir Tiaan Kotze geskakel om kommentaar.

“Eerstens is dienslewering nie waar dit moet wees nie, mens skakel die EMM en dit is amper onmoontlik om deur te kom na hulle toe.

“Ek het huidiglik verskeie projekte waarmee ek besig is en ek is altyd op my selfoon beskikbaar, indien dit ’n redelike tyd is.

“Die hoofklagte, die spoedwal, val nie onder my wyk nie, maar Bruna Haipel het die saak klaar beet en is besig daarmee en die selfoonmas wat opgerig is, is nie goedgekeur nie en ons is besig met ’n ondersoek daaroor.

“Ek moet ook net noem dat die persoon wat die klagtes maak, ’n kandidaat was vir ’n ander politieke party wat nie ingekom het nie.”

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button