VANJAAR gaan die dames van die VLU Overvaalstreek fokus op kuns en geskiedenis met die klem op kulturele sake.
Deur die jaar het verskeie lede kultuuraangeleenthede bespreek, soos die Suid-Afrikaanse kultuur van rugby en braaivleis, die Koi San kultuur, ietsie van Kanadese kultuur en selfs die saamwoonkultuur van die versamelvoël.
Op 11 Januarie, tydens die Brackenhurst VLU se vergadering, het Mienie Hewitt in haar opening die Griekwakultuur aangebied en gesels oor die Griekwa’s se geskiedenis waarna sy ‘n paar pragtige Griekwa-psalms gelees het. “Dit was voorwaar interessant om te hoor,” het die voorsitter, Susie du Plooy, gesê.
Die studierigting vir die dag was kreatiewe en produktiewe vaardighede en die tak se vise-voorsitter, Barbara Steenkamp, was die fokusaanbieder. Elke dame het ‘n sakkie met malvalekkers en ander benodigdhede gekry om ‘n malvalekkerblom te maak. Met die aanvang van die skole gaan menige mamma en ouma weer die kinders help met hul skool se intrepreneursdae en hierdie blommetjie is maklik genoeg vir die kinders om self te maak, en glo ons menige skoolkind gaan malvalekkerblomme op hul intrepreneursdae hê.
Barbara het ook die kunstenaar van die jaar, Reuben Riffel, bespreek en het 10 baie interessante feite oor hom en sy werk en restaurante deurgegee. Reuben is voorwaar ‘n sjefsensasie en sy suksesstorie was ‘n inspirasie vir almal teenwoordig.
VLU se tema van die jaar, Samewerking vir ‘n Beter Toekoms, word op die program hanteer in die vorm van ‘n anonieme aanhaling, naamlik “moet nooit bang wees om iets nuuts te probeer nie.” Onthou amateurs het die ark gebou en professionele mense die Titanic.”
Vir meer inligting oor die tak, skakel Susie by 082 465 0044.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



