SLAGGATE in die Alberton-area het die laaste ruk net vererger en meer geraak.
Daar is slaggate in St Austell, Voortrekker, Elizabeth Eybers, Steenbokstraat, Ring en Kritzingerpad sowel as Jan Coetzee.
Slaggate in St Austellstraat en Jan Coetzee is gedurende die laaste twee weke toegemaak.
Volgens motoriste, beskadig dit nie net hul voertuie nie maar kan hulle meeste van die tyd nie bekostig om uit te swaai nie.
Lesley Verwey, inwoner, het aan die RECORD vertel dat die slaggat in St Austellstraat al vanaf Desember daar was. “Dit het net groter en groter begin word,” het sy gesê.
Volgens ’n bron (Die Hoorn) ontstaan slaggate in teerstrate as gevolg van die volgende redes:
• Onvoldoende onderhoud oor die jare (as gevolg van ‘n tekort aan geld).
• Water infiltreer in barsies en gaatjies in die teeroppervlak.
• Fyn deeltjies word uitgewas elke keer wanneer voertuie in nat weer daaroor ry.
• Na elke reënbui word die slaggate groter.
Die REKORD het kommentaar aangevra, maar nog nie ontvang nie.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



