Local newsNews

Dames kuier oor ‘n boek of twee

VLU vergader en leer oor kreatiwiteit en sommer so ietsie ekstra oor bekende skrywers.

BRACKENHURST – Om 09:00 op 2 Oktober het al die dames van die VLU (Vrouelandbou Unie) tee, koffie en versnaperinge geniet by die NG Kerk Brackenhurst.

Stiptelik om 09:30 het die voorsitter Anna-Marie du Plooy die vergadering tot orde geroep. Die spreker van die dag was Rina Mulder en sy het met die dames gesels oor die skrywers van die jaar nl: Leon van Nierop en Damon Galgut.

Leon van Nierop is op 18 Februarie 1953 in Brakpan gebore. Hy is ‘n Afrikaanse vervaardiger, skrywer en rolprentresensent. Hy skryf resensies vir verskeie publikasies soos Huisegenoot, Citizen, Rapport, Dekat, Lig asook RSG se monitor.

Hy skryf ook rubrieke, verhale en artikels onder verskeie skuilname. Sy liefdesverhale skryf h yonder die skuilnaam Jacquiline Brink.

Damon Galgut is in Pretoria gebore in 1963. Toe hy ses jaar oud was is hy gediagnoseer met kanker. Hy het meeste van sy kinderjare in hospitale deurgebring.

Hy was net 17 toe hy sy debiet gemaak het met sy novel “A sinless season”.

Hettie Weideman het ook vir ons ‘n demonstrasie gehou oor hoe jy met ‘n strykyster en “wax crayons” kaartjies en op teëls kan skilder.

Anna Marie du Plooy het met VLU gebed afgesluit en toe het almal verdaag. Hul afsluiting sal on 6 November plaasvind by die NK Kerk Brackenhurst om 09:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button