DIE reën wat op Maandag, 30 Januarie, geval het, het groot oorstromings in die Randhart gebied veroorsaak, en veral weer in Toon van der Heeverstraat.

Die REKORD het op 18 Desember ook oor die area berig. Daar lê ’n vlei agter dié straat. “Maandag se reën het weer soveel water in die erwe in Toon van der Heever laat kom, die vlei reg agter moet verstop wees; dit lyk soos ’n massiewe rivier,” het Suzette Gous gesê.

Mense ly duisende Rande se skade omdat die water tot in hul huise begin opstoot. Dit wil voorkom as die rede hiervoor die verstopte dreine is en dan stoot die water op wanneer dit reën.
Soos mens afry in Generaal Albertslaan kan jy sien hoe van die mure nog nat is.
Kommentaar vanaf die munisipaliteit is op 1 Februarie aangevra en die REKORD sal die terugvoer plaas sodra dit ontvang is.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



