Ligstad gaan groot die November
ALBERTON-NOORD – Jak de Priester tree op 1 November om 18:30 vir 19:00 ten bate van ‘n fondsinsameling vir Ligstad en twee kinderkore by Ligstad op. Die afgelope jaar het Ligstad baie vir hul gemeenskap gedoen, en wil graag deur dié konsert geld insamel om so ook tot hulp vir die Colla Voce en Cantare …

ALBERTON-NOORD – Jak de Priester tree op 1 November om 18:30 vir 19:00 ten bate van ‘n fondsinsameling vir Ligstad en twee kinderkore by Ligstad op.
Die afgelope jaar het Ligstad baie vir hul gemeenskap gedoen, en wil graag deur dié konsert geld insamel om so ook tot hulp vir die Colla Voce en Cantare Kinderkoor te wees.
Kaartjies word teen R130 per persoon verkoop en kan by Ligstad gekoop word. Kostes sluit ligte verversings in. Kontak Alida vir kaartjies of vir meer inligting 079 693 3666.
Ligstad is ‘n projek onder die vaandel van CMR Alberton en die NG Gemeente Alberton-Wes in samewerking met die Alberton REKORD, met die unieke verskil van ander instansies in Alberton, om die gemeenskap op te hef deur die gemeenskap self.
Ligstad is op die hoek van Gerrit Maritzstraat en Van Riebeecklaan, Alberton-Noord. Die aand beloof op propvol vermaak te wees met Jak se optrede. Kom geniet die aand, kom sing saam, klap hande en stamp voete en help Ligstad om die aand ‘n reuse sukses te maak.



