Local newsNews

Vind stilte by die kerk

Kom geniet 'n uur van stilte elke Woensdag in die ou Eeufeeskerk.

IN die warboel van vandag se lewe is daar bitter min tyd om net stil te word, te dink, te bid en nader aan jouself en jou God te kom.

NG Kerk Alberton-Wes bied elke Woensdag middag van 13:00 tot 14:00 ‘n etensuur diens vir mense om rustig te wees, te ontspan en te mediteer. Die diens gaan gehou word in die Ou Eeufeeskerk, in Van Riebeecklaan, Alberton Noord.

Enigiemand is welkom en kan dit enige tyd gedurende dié uur bywoon en weer verlaat.

Dominee Deon Louw, prediker by NG Wes-gemeente, vertel meer oor die idee agter die diens. “Ek en ‘n kollega het besef daar is ‘n behoefte vir mense om net te kan stil word deur die dag,” sê hy. “Ons het die gebou met die klok, so nou gaan ons die klok lui elke Woensdag om 13:00, sodat almal weet die diens het begin en hulle is welkom om enige tyd vir die volgende uur te kom inloer in die kerk totdat die klok weer om 14:00 lui,” verduidelik hy.

Hy voeg by dat mens glad nie eers ‘n lidmaat van die kerk hoef te wees om dit by te woon nie. Hierdie diens word bedoel as meditasie tyd vir wie ookal hul middagete in rustigheid wil kom geniet, of te luister na kalmerende musiek en Bybelverse of sommer net vir ‘n rukkie te sit en stil te word. Dit is ‘n dinamiese diens en geen persoon wat wel van die geleentheid wil gebruik maak moet verplig voel om die hele uur by te woon nie. Mense kan kom en gaan soos wat dit hulle pas.

Die kerk nooi die gemeenskap graag uit om dit by te woon. “Dis inklusief; almal is welkom om die Here se teenwoordigheid te kom beleef en geniet,” sê hy.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button