Local newsNews

Ann was geliefd

Ann, die teater matrone, verloor haar stryd teen kanker.

Ann Heydenrych (87) het op 20 April haar stryd teen sekondêre long kanker verloor.

Ann het as ’n bevelsuster in die teater by die Unie Verpleeginrigting begin werk waarna sy later die teater matrone geword het.

“My ma het gesien hoe dié hospitaal gegroei het van twee teaters na sewe toe. Sy het baie harte geraak in die hospitaal en gemeenskap met haar persoonlikheid van omgee saggeaard en versorging van haar pasïente wat behandel was in die hospitaal.

“Sy het op die ouderdom van 65 afgetree en die wêreld vol gereis. Hoewel my ma afgetree het was sy steeds baie bekend en het sy gedurig oproepe van mense gekry wat haar as die matrone geken het,” het haar dogter, Barbara Botha gesê. Ann was bekend onder Albertonner as ‘Sr Anna die teater matrone’.

Sy was vir 61 jaar lank ‘n inwoner van Alberton hoewel sy in Britstown gebore was. Na skool het sy met haar opleiding in verpleegkunde in Bloemfontein gedoen en Kraamopleiding in Durban gedoen en toe Alberton toe getrek in 1955.

Ann was ook betrokke by die Alberton Toastmasters en Gryse Jonges Kerk. Volgens Barbara het haar ma baie daarvan gehou om blomme te rangskik, tennis te speel, te stap, te reis oorsee en om te bak. “ My ma was ook lief om met elke geleentheid foto’s te neem om herinneringe te kon vaslê.”

Barbara het ook gesê dat sy alles van haar ma gaan mis.

“Ek gaan haar kuiers, saam vakansies hou, haar lag, haar waardevolle gesprekke, haar selfgemaakte kers stoompoeding, haar geliefkoosde vrugtekoek en haar lekker beskuit baie mis,” het sy gesê.

Ann laat haar twee dogters, vier kleinkinders, drie agterkleinkinders en al haar vriende en familie agter.

Haar diens vind op Woensdag, 26 April om 12 in die middag by die NG Kerk Alberton Wes.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button