Ses belangrike stappe vir jou kind se skoolregistrasie vir 2018
Vermy probleme met skooltoelatings deur die regte stappe te volg.
DIT is tyd vir ouers om te registreer vir Graad Een en Graad Agt skooltoelating in Gauteng vir 2018.
Volgens Hugo Vermeulen, hoof van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand, moet ouers nie in ’n gemaksone verkeer nie en dubbel seker maak dat hul betyds die regte stappe volg.
Die registrasieproses begin op 2 Mei en baie ouers is dalk nog in ’n vakansiegees of nie by die ’n plek met internet toegang nie.
Ten einde ouers te help het die SOS ’n 6-stap raadplan opgestel :
1. Kry so gou moontlik die skool van keuse se aansoekvorms en maak seker u het gewaarmerkte kopieë van alle dokumente gereed ten einde suksesvol aansoek te doen.
2. Handig die voltooide papieraansoek (met alle bykomende dokumente) persoonlik so gou as moontlik teen 12 Junie by die skool van keuse in en verkry ’n bewys daarvoor. Indien u versuim om hierdie dokumente voor 12 Junie in te handig gaan u kind nie geplaas word nie en sal u later ’n skool moet vat wat vir u gekies word.
3. Sorg dat u op Dinsdag, 2 Mei, vanaf 8vm by ’n rekenaar met internet is om aanlyn te registreer by die webadres www.gdeadmissions.gov.za of www.gautengadmissions.gov.za.
4. Ruim dus genoeg tyd in om die hele aanlynproses sorgvuldig en deeglik op hierdie dag te voltooi of so gou moontlik daarna. Voltooi al die velde en maak seker dat u registrasie suksesvol deurgegaan het na die aanlynplatform. Hierdie aanlynaansoek moet voor 12 Junie gedoen word maar doen dit eerder so gou moontlik vanaf 2 Mei.
5. Maak seker dat u bewys deur middel van SMS asook ’n brief tussen 24 en 28 Julie vanaf die Gauteng Onderwysdepartement ontvang wat bevestig dat u suksesvol aanlyn geregistreer het.
6. Ouers het sewe skooldae tussen 1 en 10 Augustus om die skoolplasing te aanvaar of verwerp volgens die proses wat die departementele brief sal aandui.
Ouers moet kennis neem dat die aanlyn toelatingsisteem nêrens die opsie vir Afrikaanse ouers los om hul taalvoorkeur aan te dui of te gebruik nie.
Skoolhoofde gaan ’n krities belangrike rol speel om akkurate plasings te maak volgens hul skool se toelatingsbeleid. Skoolhoofde gaan dus alle moontlike ondersteuning nodig hê, ook van ouers. Die aanvaarding van die skoolhoof se plasings moet eers deur die Gauteng Onderwysdepartement goedgekeur word.
Ouers wat probleme of klagtes het word versoek om direk by die skool waar hul aansoek gedoen het te gaan aanklop om hulp. Hul is die beste in staat om ouers te help aangesien hulle die proses op aanlynsisteem kan volg.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



