Bejaardes word behoorlik bederf
Toe het almal sommer opgestaan en party het lekker saam gesing.
DIE afgetredenis van Alberton wat deel is van Emmanuel-groep is weereens bederf by die LewenSentrum op 20 April.
Henry van Dyk, ‘n gawe jong musiek kunstenaar, het almal se harte kom aanraak.
“Dit was ‘n heerlike en opwindende oggend, en almal het aan sy lippe gehang en na sy bekoorlike stem geluister, om van sy sjarme op die verhoog nie eers te praat nie,” sê Hanta Schutte, van Emmanuel. “Hy het heelwat liedere gesing uit sy nuutste album, Sommer So. Wat baie besonders was, was sy Lied vir Ma wat hy self geskryf het. Sy moeder was sy inspirasie,” het sy vertel.
Henry het sy optrede afgesluit met liedjie genaamd I Walk With God, toe het almal sommer opgestaan en party het lekker saam gesing. Daarna verdaag almal vir ‘n versterking van die innerlike, ‘n koppie tee en ‘n geselsie met vriende.
Emmanuel se volgende vergadering sal 18 Mei plaasvind, met Nico Booijse wat as gaskunstenaar gaan optree. As jy ouer as 50 is met ‘n liefde vir kerk, sluit gerus aan by Emmanuel! Vir meer besonderhede, kontak Marelie Rabie op 011 864 1285 gedurende kantoor ure.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



