Local newsNews

Jo Visser sal vir altyd onthou word

“Hy het ‘n vol lewe gelewe, en daarvoor kan net dankie sê.”

JO Visser, ‘n alombekende lid van die gemeenskap, is onlangs oorlede. Sy vrou, Orpa, deel met ons haar herinneringe van hom.

“Dit was te gou,” sê sy met tranerige oë. “Hy was so siek, maar hy was al die tyd so positief.” Jo het sy stryd teen longkanker verloor en is stil in sy slaap oorlede op Woensdag, 29 Maart.

Jo was ‘n enigste kind. Orpa was sy tweede vrou, nadat sy eerste vrou oorlede is. Hulle het ontmoet en dadelik die skoot hoog deur gehad – ‘n jaar later is hulle getroud. Hulle was vir 26 jaar lank gelukkig getroud en baie verlief. “Ons was vir mekaar bedoel,” sê Orpa. “Hy was so ‘n goeie man vir my. Ons het nooit vasgesit of ernstig baklei nie. Ons was altyd saam – selfs as ek net vinnig winkel toe gegaan het, het hy saam met my gegaan.”

Jo het baie omgegee oor mense en hy wou net altyd help, veral kinders in nood. Hy was die pa vir sewe aangenome kinders, maar het nie ‘n kind van sy eie gehad nie. Hy het ook graag gehelp met AMCARE se fondsinsamelings en het 10 jaar lank vir hulle gewerk. “Hy was baie lief vir mense. Hy het graag met enigeiemand gesels en het altyd gehelp,” vertel Sandra Human, van AMCARE.

Orpa vertel van Jo se stokperdies, en sy kreatiewe kant. “Hy was lief vir grafiese ontwerp en het graag advertensies en allerhande kreatiewe goed ontwerp op die rekenaar,” sê sy. “Hy het 10 000 boeke gehad – ons moes dit verkoop want dit het te veel plek opgeneem. Ek onthou hoe Jo toe vir ons gesê het dat ons ‘n stuk van sy siel wegvat,” sê sy met ‘n glimlag. Jo was baie lief vir lees en om te versamel, veral muntstukke, stempels en boeke, natuurlik.

Sy gunsteling kos was Portugese afval en garnale – ‘n erkenbare kreatiewe kombinasie, nes Jo self. Sy liefling-nagereg was sy vrou se souskluitjies. “Ek is so dankbaar dat Jo lekker kon eet, selfs met sy siekte. Baie kere is kanker leiers te siek en naar en eet glad nie.”

Jo was ook baie lief vir hulle huisie by Port Edward, en het dit hulle “stukkie Hemel” genoem. Orpa gaan die naweek van 19 tot 21 Mei hierheen om sy as in die see te strooi. “Dit gaan die laaste van my liefie wees,” sê Orpa, baie hartseer. “Hy het ‘n vol lewe gelewe, en daarvoor kan net dankie sê.”

Namens die REKORD wens ons vir al Jo se familie en vriende alle sterkte toe. Jo sal vir altyd onthou word vir sy goeie karakter en bydrae aan die gemeenskap.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button