Local newsNews

VLU-Brackenhurst spog met trofees

Die kersie op die koek is die vier trofees wat VLU onlangs verower het by hul jaarlikse konferensie.

DIE VLU-Brackenhurst groep het hul maandelikse vergadering gehou op Donderdagoggend, 4 Mei. Elize Smook het almal meer geleer oor mielies, as deel van hul “omgewingsbewustheid met die klem op tuin- en landbou” studierigting vir hierdie jaar.

Die kersie op die koek is die vier trofees wat VLU onlangs verower het by hul jaarlikse konferensie.

Die 2017 konferensie het op 11 Maart plaasgevind by NG Kerk, Brackenhurst. Negentien VLU-lede het aan die kompetisies onder die verskillende kategorieë deelgeneem. Altesaam 41 artikels uit die tak (asook ‘n takalbum) is ingeskryf vir die onderskeie kompetisies. Uit al die VLU-takke, het Brackenhurst die meeste punte verwerf met ‘n totaal van 2 381 (blomme uitgesluit) punte.

VLU-Brackenhurst verower vier trofees, naamlik die Annique Theron-trofee vir die tak met meeste punte, asook die Grandi Flora trofee vir die tak met die meeste punte in blomme, die Saamwerktrofee (horlosie) vir die hoogste punt vir ‘n kongresartikel (Elize Smook se uitstaande hekelwerk), en die Daphne Taljaard trofee vir hoogste punte vir ‘n rangskikking, waar Susie du Plooy (skakelbeampte van VLU-Brackenhurst) die wenner was.

WENNERS: (Voor) Susie du Plooy, Mara Scholtz en Barbara Steenkamp. (Agter) Sophia Marx, Petro Toulson, Elize Smook, Barbara van Jaarsveld. Afwesig: Machdel Scholtz.

Agt items, gelewer deur agt lede, kwalifiseer vir deelname aan Kongres 2017, naamlik:

  • Fotografie: straatfotografie deur Barbara van Jaarsveld, 81 persent.
  • Hekelwerk: artikel in macramékant deur Elize Smook, spesiale prys, 95 persent, en Petro Toulson, 77 persent
  • Prosa: “Kan jy glo” deur Barbara Steenkamp, 89 persent, en Susie du Plooy, 88 persent.
  • Masjienwerk: masjienkwiltwerk deur Sophia Marx, 84 persent, en Machdel Scholtz, 80 persent
  • Skets: Mara Scholtz, 89 persent.

Bo en behalwe die spoggerige pryse, het die dames ook ‘n bietjie meer kennis oor tuin- en landbou gekry. Elize Smook het deeglik navorsing oor mielies gedoen en die lede vertel van die ontstaan en ontwikkeling van die mielie, asook die talle gebruike daarvan regoor die wêreld. “Ons was baie beslis meer ingeligte vroue toe ons gister daar uitgestap het,” sê Susie du Plooy.

Mara Scholtz het ook Afrikaanse skryfster van die jaar, Chanette Paul, aan die ander lede bekendgestel en daar was ook ‘n uitstalling van sommige van haar boeke. Mara het meer vertel hieroor en dames laat bloos toe sy noem dat party van dié boeke hygroman-tonele bevat.

BOEKE EN GESKENKE: Die uitstalling van Chanette Paul se boeke, met die VLU-Brackenhurst verjaarsdae-dames van die maand se geskenkies langsaan.

Nadat al die formele aktiwiteite afgehandel is, het almal lekker saam gekuier en verjaarsdagkaartjies gemaak vir die inwoners van die Tuiste van Bejaardes, in Raceview.

Hiermee wens die VLU-lede elke maand die inwoners geluk wat in die maand verjaar, met ‘n mooi kaartjie en klein geskenkie. Die dames het dit omtrent geniet, met elke kaartjie mooier as die ander.

As jy belangstel om by die VLU-Brackenhurst groep aan te sluit, skakel gerus vir Susie by 082 465 0044.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button