Local newsNews

Jacob’s Well maak hul aktiwiteite bekend

As span en onder leiding van die bekwame takbestuurder, Estelle Bickerton, skuif hierdie handjievol, meestal afgetrede dames, voorwaar berge.

DIE afgelope naweek, op 13 Mei, het die Alberton tak van Jacob’s Well ‘n konferensie geleentheid gehou om hul aktiwiteite bekend te stel. Verder wou hulle terugvoer gee en medewerkers nooi om betrokke te raak om hul hande verder te versterk in die toekoms. Hierdie tak is maar vyf jaar oud en is voorwaar ‘n voorbeeld van wat moontlik is.

Dit was ‘n fees van getuienisse oor hoe die verskillende projekte nie net op die gemeenskap wat hulle bedien ‘n positiewe impak het nie, maar hoe elke vrywilliger wat gehoorsaam was aan die Gees se roepstem, soveel seën en vreugde self in hul diensbaarheid beleef.

LEIERS: Lede van Jacob’s Well by die konferensie.

As span en onder leiding van die bekwame takbestuurder, Estelle Bickerton, skuif hierdie handjievol, meestal afgetrede dames, voorwaar berge. Hulle verbreed mense in nood se horisonne en gee hulle weer hoop. Meer nog, hulle deel visstokke uit, eerder as visse, deur vir mense vaardighede aan te leer en hulle te wys hoe mens byvoorbeeld deur entrepreneurskap alternatiewe kan skep om werkloosheid te oorkom. Daarom is hul leuse en doelstelling dan ook “self-onderhouding.”

Dr Johan Louw, Jacob’s Well direksielid by hul hoofkantoor in Pretoria wat aan die hoof van die Besigheid Inkubasie Program is, het al in die verlede ‘n entrepreneurskap opleiding kursus daar aangebied en ook tydens die konferensie verduidelik hoe entrepreneurskap aan-hak en integraal staan tot die Jacob’s Well model en prosesse. Persone wat dit bygewoon het, het eerstehands getuig hoe dit hul perspektief verryk het en reeds vrugte afgewerp het in hul lewens en besighede.

Voorbeelde van projekte waarmee Jacob’s Well Alberton besig is, bo en behalwe hul fokus op die ondersteuning van mense tussen werke by ontbyt geleenthede, is ‘n uiters suksesvolle naaldwerk projek wat dames van voor af leer om met hierdie vaardigheid hul gesinne aan die lewe te hou en weer ander vroue (en mans) te bemagtig.

SEREMONIEMEESTER: Devroux Jansen aan die woord.

Verder is daar ‘n groentetuin projek wat tot 50 gesinne voed, asook ‘n nie-bederfbare voedsel- en tweedehandse klere bank. Met passie, liefde en deursettingsvermoë word hier daadwerklik ‘n verskil gemaak in mekaar se lewens.

As u gelei voel om by te dra tot hierdie spesifieke tak se projekte, kan u vir Estelle Bickerton kontak op 011-8673322 of per e-pos jacobswell.alberton@gmail.co.za

*Inligting en fotos verskaf deur Estelle Bickerton.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button