Damesklub verkies hul nuwe bestuurslede
Na die verkiesing, geniet die dames ‘n heerlike twee-gang maaltyd en gesels lekker saam.
DIE Alberton Damesklub het Donderdag, 11 Mei, hul nuwe bestuurslede verkies en vaarwel gewens aan hul voorsitster vir die afgelope vier jaar, Dr Trix van der Walt.

Die vergadering is soos altyd gehou in die Alberton Aftree-Oord se gemeenskapsaal. Alles was pragtig versier in wit en ligpers, en mens kon al die dames ook deur ‘n ring trek. Ten spyte van die mooi, was dit ‘n hartseer dag vir Trix van der Walt – haar laaste dag as voorsitster van die klub.
Sy stel die gasspreekster Rina Mulder aan die woord, na wie sy verwys as ‘n “legende van Alberton” omdat sy al vir 48 jaar in Alberton woon en dikwels as gasspreekster optree. Rina praat toe oor hartsake, soos die uitwissing van dwelms en armoede, hoe om gelukkig te lewe en hoe om as mens te groei deur jouself oop te maak vir geduld, selfbeheersing en leersaamheid. “Hopelik verlaat julle hierdie saal met die lus om te leer en te groei in gees,” sê sy.
Nadat Trix haar bedank het, is dit tyd vir die dames om te stem vir hul nuwe bestuurslede, wat die voorsitster, vise-voorsitster, sekretaresse en tessourier insluit. Die resultate is as volg: Martie Marnewick – voorsitter, Trix van der Walt – vise-voorsitter, Bertha Engelbrecht – sekretaresse en Beatrix Ackerman – tessourier. As addisionele lede is Lorraine Theron, Marline van der Walt, Sannet Neethling en Dini Jansen gekies. Die nuwe bestuur word toe met ‘n handeklap geluk gewens.

Na die verkiesing, geniet die dames ‘n heerlike twee-gang maaltyd en kuier gesellig saam.
Sou jy belangstel in geestelike verryking en om die mooi van die lewe te geniet saam met ander vroue, sluit gerus aan by die Alberton Damesklub. Vir enige navrae, kontak vir Trix op 083 449 5446, of vir Dini op 082 552 4683.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



