Die wêreld groet ‘n Alberton-legende
"Almal het hom geken omdat hy so ‘n aangename persoonlikheid gehad het en altyd net "nice" was met almal."
TYS de la Rey is op 27 Mei op die ouderdom van 51 oorlede toe hy met sy motorfiets teen ‘n bakkie gebots het.
Volgens sy vriende was Tys ‘n legende in Alberton en almal het sy naam geken. Tys was basies sy hele lewe lank ‘n inwoner van Alberton en het naby aan sy alma mater, Hoërskool Alberton, gebly.
Vriende beskryf hom as iemand wat sorgvry was met daardie tipiese skoolseun-ondeundheid gedurende sy skooljare. Hy het in 1981 matrikuleer.
Hy word toe later in sy lewe ‘n lid van die Gypsy Jokers Bike Club en, volgens een van sy vriende van 35 jaar, Marius Venter, was motorfietse Tys se lewe. Hy sê ook dat, ten spyte van die stigma dat bikers soms roekeloos en sorgvry ry, was Tys oor die algemeen ‘n verantwoordelike mens.
Tys was lief daarvoor om tyd met sy vriende deur te bring by Mike’s Getaway Action Sports Bar en vir 24 jaar was dit sy heel gunsteling kuierplekkie. Hy was erg oor sy vriende. Met ‘n seer hart vertel Marius: “As mens in Tys se goeie boekies was, sou hy altyd vir ‘n mens opkom. Hy was so ‘n goeie, lojale vriend. Almal het hom geken omdat hy so ‘n lekker persoonlikheid gehad het en altyd net nice was met almal. Kyk, as hy moes baklei om homself of ‘n vriend te verdedig, dan het hy. Hy kon nou vir jou boks en mens moes liewer nie met hom gesukkel het nie,” glimlag Marius. “Tys de la Rey was ‘n legend,” sê hy met hartseer oë.
Die begrafnis gaan Saterdag 10 Junie plaasvind om 10.30vm en almal wat dit wil bywoon moet vooraf by Mike’s Getaway Action Sports Bar by 20 Louis Trichardtstraat bymekaar kom.
Vir meer inligting, kontak Mike op 011 869 4684.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



