Emmanuel Groep vergader
'n Opera sanger het by die Emmanuel groep opgetree en van sy lewens stories vertel.
MEYERSDAL – Koert Grobbelaar (49) opera sanger het by die Lewensentrum op 17 Oktober opgetree vir hul maandelikse vergadering.
Dit was die groep se laaste vergadering, alhoewel hul weer volgende jaar sal ontmoet. Hul ontmoet elke derde Donderdag van die maand.
Almal wie die dag bygewoon het het pienk gedra vir bors kanker maand. Almal het die oggend geniet en saam gelag terwyl Koert sy stories vertel het van oorsee se mense, wie ook gesing het in verskillende tale.



