Boeke uit Alberton bodem
Rooi Haring is een van daai boeke wat jy baie, baie moeilik gaan neersit as jy eers begin het.
MENS weet sommer jy gaan lekker aan ‘n boek lees wanneer jy so van die begin af net bly lees en omblaai en lees en omblaai – daai lees waar jy dit moeilik vind om die boek neer te sit.
Schalk Schoombie, skrywer van Alberton Noord se tweede boek, Rooi Haring is sò ‘n boek.
Rooi Haring is amptelik op Dinsdag, 13 Junie bekendgestel terwyl boekwurms oor ‘n glasie wyn gesit en kloek het oor nuwe boeke by Graffiti in Menlyn.
Tydens die bekendstelling het Schalk so bietjie oor die boek gesels maar hy het beslis nie te veel ape uit sy mou gelaat nie. Hy het baie slim net genoeg gesê om die nuuskierigheid te prikkel en wat ‘n lekker verrassing was dit dan nie wanneer jy eers die boek optel en begin lees.

Schalk en woorde:
Schalk is ‘n man vir woorde en is alom bekend as joernalis, dramaturg en nou beslis ook as skrywer. Sy eerste boek, Boomkastele is ook een van daai lekker boeke. Die boek is 2015 vrygestel en was genomineer vir die ATKV-prys vir prosa asook die Jan Rabie/Rapport pryse. Met Rooi Haring kan mens beslis dieselfde verwag. Hy het egter ook ‘n derde, nie-fiksie boek, Tot die dood ons skei, wat handel oor mans wat hul vrouens vermoor, onderweg.
Schalk het ook nege toneelstukke die lig laat sien.
Rooi Haring is uitgegee deur Human Rousseau en is nou beskikbaar op die boekrakke – Moet dit nie mislees nie!
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



