Local newsNews

‘n Oggend propvol musiekgenot

Daarna verdaag almal met ‘n lied in hul hart en geniet verversings, ‘n koppie koffie en vrolike geselskap met hul mede Emmanuel-lede.

DIE Alberton Lewensentrum se parkeer-area was Donderdagoggend (17 Augustus) weer propvol toe Esti Wolmarans, Afrikaanse gospel sangeres, by Emmanuel kom kuier het.

Esti kom van Garsfontein, Pretoria en sing graag optimistiese Afrikaanse musiek gegrond op Christelike waardes – ideaal vir die musiekliefhebbers van Emmanuel.

Nadat sy haar eerste twee liedjies gesing het, nooi sy twee mans, Andries Joubert en Flip Basson, uit die gehoor om saam met haar te kom sing, in ‘n prettige “kompetisie” teen die res van die gehoor. Sy gee toe sommer vir altwee ‘n gratis kopie van haar nuutste album, Lewe Nou, as prysgeskenk. Lewe Nou is ook die naam van haar nuwe liedjie en hiermee het sy haar optrede afgesluit.

“Dankie vir jou wonderlike optrede, jy is sowaar ‘n pragtige, talentvolle kunstenaar en dit was ‘n eer om jou hier by ons te hê vandag,” sê Marelie Rabie, voorsitster van Emmanuel. Daarna verdaag almal met ‘n lied in hul hart en geniet verversings, ‘n koppie koffie en vrolike geselskap met hul mede Emmanuel-lede.

Die volgende vergadering sal op 21 September by die Alberton Lewensentrum plaasvind. Angel, verloofde van Manie Jackson, sal die musiekkunstenaar vir die oggend wees, so moet dit nie misloop nie!

Die ingangsfooi is ‘n bordjie eetgoed om te deel en almal is meer as welkom om die oggend te kom geniet. Vir meer inligting, kontak gerus vir Marelie Rabie op 011 864 1285 of 082 462 8676.

AAN DIE SING: Esti Wolmarans sing haar hart uit voor die Emmanuel gehoor.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button