Meer as genoeg rede vir feesvier
'n Opregte handdruk en intieme gesprek bly lank in 'n kinderhart.
‘n HOOF wat verjaar en dan boonop ook nog ‘n splinternuwe personeelkamer – man, dit is mos meer as genoeg rede om fees te vier. Laerskool Randhart het onlangs hul splinternuwe personeelkamer ingewy en sommer hul hoof se 64ste verjaarsdag ook by die vieringe gelas.
Op September 14 het REKORD die skool se vieringe, om die nuwe personeelkamer te beleef, bygewoon sowel as om die skoolhoof, Deon van Zyl, met sy verjaarsdag geluk te wens. Vanjaar is sy voorlaaste jaar by die skool.
Al die personeel het die verrigtinge in die pragtige personeelkamer bygewoon en ook na ‘n bietjie van die skool se geskiedenis en staaltjies oor al die jare wat Deon by die skool betrokke is, geluister.
Ilse Kichenbrand het die bybelvers 1 Korinthiërs 13 gebruik en dit omskryf om van toepassing op Deon te wees.

“Ons skoolhoof verbly hom in elke leerder en personeellid se prestasie. Hy is verheug as leerders in massas deelneem en geleenthede gegun word.
“‘n Opregte handdruk en intieme gesprek bly lank in ‘n kinderhart.
“Geduld, aanmoediging en liefde bly, maar die waardevolste hiervan is Deon van Zyl se onvoorwaardelike liefde,” was van haar pragwoorde.
Die planne vir die personeelkamer, en wie almal daarby betrokke was, is ook bespreek. Die nuwe personeelkamer is voorwaar ‘n toevlug vir die onderwysers waar hulle vir ‘n kort tydjie van hul harde werk kan ontspan en saam met hul kollegas tydens pouses kan kuier.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



