Groep kuier op ‘n lekker noot
Sy het 'n verskeidenheid country liedjies van onder andere Dolly Parton en Bonnie Tyler gesing.
VAN country tot Afrikaans en regte egte kampvuurliedjies – en elk daarvan het vir groot vermaak vir die gaste by Emmanuel gesorg. Op 21 September het Emmanuel hul maandelikse byeenkoms by die Alberton LewenSentrum gehad waar Angel de Lange as gaskunstenaar opgetree het.
Angel is ‘n jong opkomende country sangeres en sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt en gaste met haar mooi stem betower.
Sy kom van Groot Marico af en is die verloofde van Manie Jackson, bekende Afrikaanse sanger. Sy het ook verskeie kere oorsee opgetree, onder andere in London, New Castle, Engeland asook in Qatar in ‘n luukse hotel.
Angel het ‘n verskeidenheid country liedjies van onder andere Dolly Parton en Bonnie Tyler, soos It’s a Heart Ache en Flying on the Wings of Tenderness gesing. Sy het ook lekker kampvuurliedjies soos Die Apie Sit en Droom gesing. Afrikaans is nie afgeskeep toe sy Sewe Oseane van Andriette Norman gesing het nie.
Haar optrede het met One Day At A Time afgesluit waarna gaste verdaag het en heerlike eetgoed, drinkgoed in gemoedelike geselskap geniet het.
Die volgende byeenkoms word op 19 Oktober gehou. Victorius, ‘n gospel sanggroep sal dan optree. Almal is welkom om die byeenkoms by te woon. Die toegangsfooi is net ‘n bordjie eetgoed en ‘n vrywillige donasie om die gaskunstenaars vir hul moeite te vergoed.
Vir verdere inligting, kontak gerus vir Marelie Rabie op 011 864 1285 gedurende kantoorure.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



