Uitreiking vir hulp by Silwerkroon
Maak asseblief Saterdag oggend om 8.00 ‘n draai by Silwerkroon woonstelle om vir die oumense hulp aan te bied waar dit ookal nodig is.

AANDAG aan alle gemeenskaplede: die inwoners van Silwerkroon woonstelblok in Phantom Straat het Saterdagoggend julle hulp nodig!
Hierdie drie-verdieping blok, wat deur die munisipaliteit besit word, word bewoon deur pensionarisse. Ongelukkig is die hysbak al sedert Junie buite werking en die bejaardes sukkel vreeslik om hul draaie te loop en inkopies te doen – dit is baie moeilik om met ‘n rolstoel of loopraam drie verdiepings se trappe aan te pak.
As jy ‘n mens met ‘n goeie hart is en jouself ontferm oor die hulpelose, maak asseblief Saterdagoggend om 8.00 ‘n draai by Silwerkroon woonstelle om vir die inwoners, waar dit ookal nodig is, hulp aan te bied.
Vir meer inligting, bel asseblief vir Gideon op 079 740 7707.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



