Local newsNews

Laerskool Randhart hou nog ’n suksesvolle borge-aand

Laerskool Randhart het vanjaar op verskeie vlakke uitgeblink.

AGTER hierdie skool se sukses staan daar ouers met oop harte, wonderlike borge, onnies met ’n passie en leerders wat wil!

Laerskool Randhart het op 24 Oktober weer hul jaarlikse borge-aand, met die doel om dankie te se aan ieder en elk se bydrae om die skool se suksesverhaal te skryf, gehou. Veral die leerders se ouers, wat grotendeels verantwoordelik is vir die skool se uitmuntende prestasies en sukses, is bedank.

Ilse Kichenkamp het die verrigting afgeskop deur te praat oor hoe om te gee ’n mens goed laat voel en dat dit beter is om ’n gelukkige hart as ’n vol beursie te hê.

BAANBREKERS: Donovan Steenkamp (beheerliggaamvoorsitter), Ilse Kichenbrand (adjunkhoof), Deon van Zyl (hoof) en Francois Venter (adjunkhoof).

Donovan Steenkamp het ingespring en almal hartelikvir hul bydraes aan die skool bedank, sowel as die Alberton Rugbyklub wat hulle toelaat om hul lapa vir hul verrigtinge elke jaar te gebruik.

Vanjaar het die skool R930 000 ingesamel wat hulle toegelaat het om ’n nuwe skoolbussie aan te koop. In die lange duur sal dit goedkoper uitwerk en minder moeite wees as om heeltyd bussies te huur.

Die skool kon ook hul toegewyde onderwysers met ’n nuwe personeelkamer, pragtige buite-area en selfs ’n nuwe rekenaarsentrum beloon om die kinders se rekenaarvaardighede te koester en te laat groei.

Uitblinkers en hoogtepunte

Laerskool Randhart het vanjaar op verskeie vlakke uitgeblink. Hulle het toekennings vir die beste netbalskool, Suid-Afrikaanse netbalkampioene, beste netbalafrigter van die jaar, Bybelvasvrae kampioene vir die tweede agtereenvolgende jaar, verskeie rugbytitels en selfs baie goeie vertonings in kultuur met kunswedstryde waar meer as 900 leerders uit die 1 000 plus leerders deelgeneem het, ontvang.

DIE MANNE: Michael Boucher, Claude Barnes, Deon van Zyl (skoolhoof) en Marius van Staden.

Dan is daar natuurlik hul robotics program wat nuwe geleenthede geskep het en deure vir kinders geopen het wat dalk nie aan sport en kultuur deelneem nie.

So ook die grafiese ontwerpprogram wat vanjaar begin is wat wys hoe die skool hul beywer om vooruit te streef en baanbrekers te wees.

Konstante groei

Volgende jaar word beplan om nog twee klaskamers op te rig om almal, met ’n leerdertal van 1 111 vir 2018, te akkommodeer.

Daar is ook ’n bouprojek aangepak waarby verskeie sportsoorte baat sal kan vind; dit sluit reënbeskutte krieketnette in wat ook vir netbal, hokkie en atletiek benut kan word.

Die skoolhoof, Deon Van Zyl en sy vrou was hartlik bedank vir al hul harde werk. Volgende jaar gaan die hoof se uittrede sien wat vir die skool ’n groot verlies gaan wees.

DIE BEHEERLIGGAAM: Gerhard van Graan, Dorothy Keevy, Daniel Haasbroek, Juan Labuschagne, Deon van Zyl, Donovan Steenkamp, Niel van Wyk, Francois Venter en Ilse Kichenbrand.

Michael Boucher het die dankie-sê verrigtinge met ’n pragtige gebed afgesluit en vandaar het die geselligheid met ’n lekker drankie en smaaklike kos waaraan almal kon smul aangegaan.

Ranties kan voorwaar terugkyk op nog ’n baie suksesvolle jaar en wanneer mens na die toekomsplanne luister is dit duidelik dat hulle, met hul sterk tradisionele etiek van respek, harde werk en dissipline, van krag tot krag sal gaan.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button