Buurtwaglede kry selfverdedigingsklasse
Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke.
AFRIFORUM se Alberton-buurtwag het verlede week selfverdedigingsklasse vir nagenoeg 30 patrolleerders aangebied.
“Alle Suid-Afrikaners moet oor die vermoë beskik om hulself te verdedig. ’n Mens kan op enige oomblik in ’n gevaarlike situasie beland en daarom is dit vir AfriForum belangrik dat mense dié vaardigheid aanleer,” het Hillel Coetzer, woordvoerder vir AfriForum gesê.

Volgens Louis van Aswegen, voorsitter van AfriForum se Alberton-tak, is hierdie die eerste fase in ’n reeks opleidingsessies wat in samewerking met verskeie rolspelers beplan word.
“Selfverdedigingsklasse vorm deel van die opleiding wat AfriForum se buurtwaglede beskikbaar stel met die doel om inwoners te bemagtig om hulself beter in tye van nood te beskerm,” het Van Aswegen afgesluit.
Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Alberton” na 45342 (R1) om dié aksie te ondersteun.
*Verskaf deur Hillel Coetzer.
Lees Ook:
Africa Check: Does AfriForum care about getting farm murder statistics right?
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



