Kerspartytjie by Henartha Court ‘n feeslike ervaring
Die Kersboom met geskenke en selfs 'n lekker swembad om te geniet.
JACKIE Harper het onlangs ‘n Kerspartytjie vir die mense by Henartha Court woonstelle gereël.
Met die hulp van verskeie borge is ‘n feestelike partytjie op 9 Desember 2017 vir die inwoners aangebied.

“Ek wil graag al die mense wat betrokke was bedank, veral die mense wat die donasies gegee het wat die geleentheid kon moontlik maak en al die kindertjies se gelukkige gesiggies te sien,” het Harper gesê.
“Baie van die kindertjies en bejaardes wat daar bly sukkel en kan nie vir hul families altyd ‘n Kersfeespartytjie of ook ‘n Kersgekenkie gee nie, en dis hoekom ek die partytjie vir hulle gehou het,” het sy bygevoeg.


For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



